Wie is Ons

Sjoe, dit is omtrent ‘n vraag met baie antwoorde… Ek kan net begin met vandag of baie jare terug. Maar sonder om julle te veel te laat lees op dag een, kom ons begin maar net met huidig.

Lang storie kort: Ek is Benice, ek is ‘n Mamma met ‘n seun wat Down Sindroom het (Hy is nou 22) en help sy Mamma graag met projekte. Ons het gedink om LekkerBekkie saam te doen want hy is mal oor die kombuis en bak en brou. Ek is geensins ‘n profesionele bakker nie, en leer maar soos ek aangaan.

Saam met LekkerBekkie doen ek ook baie ander dinge, mens moet maar geld maak op een of ander manier. Ons familie het nogals heel goed gedoen geldelik tot die begin van die jaar (Weet nie wat gebeur het nie, maar ons inkomste het net geval), soveel so dat ek betwyfel het waar ons gaan wees van een dag na die volgende. Te danke ons Hemelse Vader het ek mense wat ons bygestaan het help gegee het. Maar ek wil julle nou nie verveel met ‘n trane trekker nie.

Vir ons eerste ontmoeting kom ons se maar net dat ons nou op die punt is wat ons baie hard werk vir elke ektra sent wat ons kan kry, en ons glo ons gee vir julle die lekkerste goedtjies om te eet (En nog baie meer om te kom)

Ek sal nog baie resepte en lekker dingetjies pos op die webwerf, maar vir nou kom ons se maar net HELLO en WELKOM

One thought on “Wie is Ons

  1. A WordPress Commenter June 30, 2026 at 6:56 am

    Hi, this is a comment.
    To get started with moderating, editing, and deleting comments, please visit the Comments screen in the dashboard.
    Commenter avatars come from Gravatar.

Leave a Reply

Name *
Email *
Website